ZASTRON GEKOMBINEERDE SKOOL


VISIE

Hoërskool Zastron is ‘n Afrikaanse skool van Graad R tot Graad 12. Die skool strewe na die verskaffing en handhawing van gehalte-onderrig om ons leerders geestelik, akademies, liggaamlik en sosiaal voor te berei vir die uitdagings van die volwasse lewe. Hierdie onderrig vind plaas binne die raamwerk van ‘n waardegedrewe sisteem, waar elke individu belangrik is.




MISSIE

Karakter van die skool

Die skool is ‘n Afrikaansmedium skool met ’n waardesisteem waaraan elke opvoeder, ouer en leerder hulself moet meet. Die volgende sleutelwaardes is van toepassing: Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Met dissipline as grondslag, en die ondersteuning van onderwysers en ouers, streef ons daarna om gelukkige en trotse leerders as ambassadeurs te hê.

Akademie

Die skool streef na ‘n 100 % slaagsyfer van Graad 1 tot Graad 12. Elke leerder moet die geleentheid gegun word om maksimaal te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik.

Personeelontwikkeling

Die personeel moet voortdurend as opvoeders en individue ontwikkel word deur die bywoning van werkswinkels en vergaderings en die nodige leiding deur die bestuurspan.

Sport / Kultuur

Elke leerder moet aan ‘n somer- en wintersport deelneem. Elke leerder moet poog om by ‘n kultuuraktiwiteit betrokke te wees. Die skool streef na goeie sportmansgees, goeie ouerbetrokkenheid en om goeie prestasies na te streef.


 051 673 1135

 ontvangs@zassies.co.za

 1 Bergstreet, Zastron, 9950


Kontak ons